Het jy al ons inligtingsboekie af gelaai?
Skoolfonds - School fees
Uit die hoof se pen
Binne die rustige plattelandse atmosfeer en ons boomryke skoolterrein, kan ons kinders ook ontspan, speel en lag. Hulle kan hul verwonder en hulle verbeelding en kreatiwiteit uitleef. So word positiewe verhoudings gebou en werk ons aan ons unieke identiteit, wat prioriteit verleen aan gesonde waardes wat elke kind se toekoms rig. Ons het ‘n reputasie en rekord van uitnemende akademiese, kulturele en sportprestasies. Ons volg ‘n holistiese benadering en moedig elke leerder aan om hul fisiese, kognitiewe, emosionele en sosiale potensiaal te ontwikkel. Gesonde dissipline word gebalanseer met sorg en liefde.
Moet asseblief nie aarsel om my te kontak, indien dit nodig is nie. My deur is altyd oop en ek verwelkom elke geleentheid om u te ontmoet en u kind se vordering en ontwikkeling te bespreek.
Hier by Laerskool Middelburg word u deel van ons Koedoekopfamilie, waar daar geen vreemdelinge is nie. Net vriende wat u nog nie ontmoet het nie.
Ons verwelkom u in ons wêreld en ons sien met groot afwagting uit na u inskakeling!
Gerrie van der Merwe

Ons Waardes
Meeste skole konsentreer hoofsaaklik op die ontwikkeling van ‘n leerder se IK, om leerders op ‘n sekere akademiese vlak te bring. Om suksesvol in die wêreld te kan funksioneer, moet leerders, sowel as volwassenes ook oor EI (emosionele intelligensie) beskik. Dis ‘n welbekende feit dat wanneer aanstellings in die arbeidsmark gedoen word, daar eerder na die voornemende aansoeker se vermoë om in ‘n groep te kan werk gekyk word, as na hulle kennis van die werk self. Kennis om die werk te doen, kan altyd geleer word, maar om in ‘n groep saam te kan werk, is ‘n vaardigheid wat die werknemer oor moet beskik!
Laerskool Middelburg se doel om waardes te onderrig is ‘n belangrike deel vir ons leerders se totale ontwikkeling!
Eerstens gaan leerders geleer word hoe om keuses in situasies te maak. Die maak van hierdie keuses word bepaal deur die leerder se waardes.
Daar is 5 waardes waarop klem gelê word:
1. Respek; 2. Verantwoordelikheid; 3. Regverdigheid; 4. Nederigheid; 5. Eerlikheid
Onderwysers sal hierdie waardes in die klas verduidelik. In elke situasie sal leerder gedurig herinner word oor hoe om die waardes toe te pas in hulle besluite. Daar sal ook ‘n beloningsisteem wees, vir leerders wat die waardes suksesvol uitleef.
Die akademiese- en bemarkingsleiers het die implementering van die waardestelsel in die skool, as deel van hulle portefeulje. Daar sal ook ‘n geleentheid geskep word waar die skool met ouers sal gesels oor die waardestelsel.
Ons Visie
Visie: Laerskool Middelburg streef na effektiewe opvoeding en onderrig vir sy leerders.
Ons Missie
Missie: Laerskool Middelburg, in samewerking met alle instansies wat belang het, wil kwaliteitonderrig lewer, deur leerders te onderrig en op te voed vir die uitdagings van die een en twintigste eeu.
Akademie
Elke kind is uniek. Elke kind ervaar en interpreteer inligting op hul eie manier. Daarom gebruik die onderwysers verskillende benaderings om die werk interessant en verstaanbaar vir al die leerders te maak.
“Talk and chalk” is uit. Leerders word van die begin van die les af betrek en deelgemaak van die les. Hulle moet self dink en kritiese vrae word gevra, sodat leerders leer om selfvertroue te hê in hul opinie en voorstelle. Geen antwoord of vraag word afgeskiet nie, maar alles word ondersoek.
Ons akademie is kern gesond!
Kliek hier om meer te lees…
Hier by Laerskool Middelburg doen ons baie meer as wat verwag word deur die departement. Daar word baie lyf en addisionele inligting gegee oor die temas en areas wat bespreek word.
Waar die geleentheid homself voorhou, kry die leerders kans om dit wat hulle geleer het prakties uit te beeld.
Bv. Geskiedenis: Graad 4 klas
Tema: Leiers: Ghandi en Mandela
Ons inkorporeer 10 ander wêreldleiers in die tema in bv. Idi Amin, Barak Obama, Francois Pienaar ens.
Leerders word bekend gestel aan terme soos: diktator, demokrasie, outokrasie.
Die leerders kry ook geleentheid om aan ‘n demokratiese verkiesing deel te neem, waar hulle hul geboortesertifikate moet bring en tot hul inkkol op die duim kry!
Na die kwartaal het die leerders ‘n holistiese idee oor die verskillende tipes leiers, wie as ‘n leier gesien word en hoe leiers gekies word. Hulle ken ook sommer ‘n hele ekstra klomp wêreldleiers!
Integrasie van leerareas kom gereeld voor en u kind moet dus nie verbaas wees as hy/sy gevra word om ‘n som in die geskiedenisklas uit te werk nie. Die vakke en leerstof oorvleuel baie, so ons hou ons leerders op hul tone!
Praktiese deelname is altyd vir leerders hope pret en in elke graad maak die onderwysers seker dat daar gereeld praktiese deelname plaasvind. Kyk maar na die fotos hieronder:
Algemene kennis
Kennis is mag.
Om meer te weet as net dit wat in jou direkte omgewing omgaan laat jou uitstaan bo ander mense.
Algemene kennis gee vir jou insig en begrip en maak jou bewus van die diversiteit van die wêreld om ons.
Ons doel is om elke Koedoekop toe te rus met relevante kennis van oor die wêreld. Ons wil hê ons kinders moet met gemak in betekenisvolle gesprekke kan deel hê en hul mening lig met sensitiwiteit en ingeligte opinies. Daarom leer ons ons kinders van bv: die Amazone se brande en die nagevolge, die oorloë in die wêreld en die gevolge daarvan op ons in Suid- Afrika, groot sportgeleenthede (en waarom pappa voor die tv geplak gaan wees) . Ons maak seker ons inligting is feitlik en nie bevooroordeeld nie.
Ons moedig ons ouers ook aan om ons hande sterk te maak in hierdie verband en gesprekke te voer en vrae te beantwoord waarmee u kind by die huis mag aankom.
Ons skool neem jaarliks aan die Super 12 Algemene Kennis kompetisie deel onder leiding van Juf Isabel Smit. Daar word hard voorberei vir die geleentheid en ons presteer elke jaar baie goed by die geleentheid!
Herwinning
Ons NWT departement het ‘n weeklikse herwinningsprojek op die been gebring om die leerders bewus te maak van omgewingsake en watter bydrae hulle kan maak tot die bewaring van ons kosbare natuurlike hulpbronne. Koedoekopgesinne het almal ingekoop in ons herwinningsprojek en elke Maandag bring ons leerders sakke en sakke, selfgesorteerde materiaal skool toe om herwin te word. Ons graad 4 en 5 maats ontvang jaarliks deeglike opleiding en neem leiding saam met hul juffrouens op Maandagoggende.
Geleenthede
Ons skool neem deel aan alle kompetisies (spel, lees ens) en olimpiades waarna ons uitgenooi word. Ons onderwysers bied die nodige ondersteuning om die leerders goed voor te berei vir elke geleentheid.
Laerskool Middelburg se hoogs bekwame vakhoofde en departementshoofde is daagliks opgewonde en voorbereid om te verseker dat u leerder se leerervaring geoptimaliseer word. Die nodige aandag word gegee en nasorg word gedoen in die werkboeke. Handboeke word met sorg gekies en die plakkate teen elke klas se muur word ‘n verlengstuk van die leerinhoud in elke vakgebied.
Graad R-3 leerders het weekliks ‘n skaakklas, wat deel uitmaak van hulle rooster, sowel as musiekklas, rekenaars en Mbk.
Graad 4-7 het weekliks n rekenaar en Mbk periode in hul rooster ingewerk.
Leerlinge word elke kwartaal beloon met die dra van ‘n balkie, indien hul gemiddeld 80% en hoer is.
Daar is ook ‘n balkie vir die leerling wat sy eie gemiddeld met 5% of meer verbeter elke kwartaal. So word ook jou minder sterk akademiese leerders gemotiveer, want by ons is jou beste goed genoeg!
Ons akademie is kern gesond!


















Sport
Atletiek; Gholf; Hokkie; Krieket; Landloop; Mini Hokkie; Mini Krieket; Mini Netbal; Pumaki Rugby; Rugby; Skaak; Sokker; Swem; Tennis
















Kultuur
Kliek hier om meer te lees… Kultuurweek ‘n Hoogtepunt op die kultuurkalender is Laerskool Middelburg se kultuurweek. Hier word al ons leerders uitgenooi om hul kreatiwiewe kant te kom uitleef! Ons doelwit met die kultuurweek is om alle leerders, die wat afrigting kry en die wat net ‘n liefde vir die aktiwiteit het, ‘n geleentheid te bied, om op te tree. Die beoordelaars gee altyd konstruktiewe terugvoer en doen moeite om elke maat spesiaal te laat voel. Aan die einde van die kultuurweek is daar ‘n gala-aand waar die kategorie wenners optree voor ‘n stampvol saal. Dit is waarlik ‘n spoggeleentheid! Die hoofafdelings is: Kuns; Master Arts; Redenaars; Drama; Instrumentaal; Sang; Dans; Graad R dag Elke kategorie het relevante sub-kategorieë, om die beoordeling regverdig te maak en om plek te maak vir al die verskillende kunsvorms. Dans: Ballet, hip-hop, kontemporêr, tap, jazz is maar net net ‘n afdeling wat hiervan kan getuig. Redenaars Ons skool se bekkige redenaarsspanne maak ons elke jaar baie trots! Juffrou Ronel Crous bied die nodige leiding en afrigting aan ons leerders om hul voor te berei vir alle kompetisies. Ons spog in 2019 met twee leerders wat by SA’s beide tweede plekke gekry het met hul toesprake! Koor Laerskool Middelburg se junior- en seniorkoor is reg oor die provinsie en land bekend en loop jaarliks weg met ‘n string toekennings en goue medaljes. Onder begeleiding van mev Surette Prinsloo, gaan die kore jaarliks van krag tot krag. Meer oor ons eie juffrou Suret Die grondslag vir juffrou Surette se professionele koorloopbaan word gelê deur Prof. Petru Gräbe. Sy was lid van die Tukkie-koor (1996 – 1998) en na voltooiing van haar BMus-graad, verwerf sy haar Honneursgraad met spesialisering in koorleiding ook onder die bekwame leiding van Prof. Gräbe. In 2005 neem sy die Mpumalanga Jeugkoor (Oos-Transvaalse Streekkoor) by Esmé Solms oor. As dirigent van die koor, ervaar Surette blootstelling op nasionale en internasionale front. In 2008 word die koor aangewys as die beste Gemengde Jeugkoor tydens die Derde Internasionale Koorfees vir Gewyde en Kersmusiek in Bratislava, Slowakië. Die toekennings en pryse wat juffrou Surette se kore verder ontvang het is te veel om op te noem! Hier volg Laerskool Middelburg se koorprestasies onder leiding van juffrou Surette: Laerskool Middelburg: Seniorkoor 2013: Goud – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees 2014: Goud – Super 12 Koorkompetisie Silwer – ATKV-Applous Streekfees 2015: Silwer – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees Word uitgenooi na finale rondte van ATKV Applous in Port Elizabeth as een van die top vyf kore in betrokke kategorie. Vanweë finansiële oorwegings, beveel die Beheerliggaam aan dat ons onttrek. Diploma tydens Artium Kunstefees – Seniorkoor Afdelingwenner 2016: Sing in Harmonie Koorkompetisie (Nasionale koorkompetisie wat deur kykNet aangebied is) Finaal: Kykerskeuse wenner en Afrikaanse lied Wenner Goud – ATKV-Applous Streekfees Dring deur na finaal, Stellenbosch Sesde in Suid-Afrika: Afrikaans Laerskoolkore Diploma tydens Artium Kunstefees – Seniorkoor Afdelingwenner 2017: Sing in Harmonie Koorkompetisie (Nasionale koorkompetisie wat deur kykNet aangebied is) Dring deur na die Finaal Goud – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees Diploma tydens Artium Kunstefees – Seniorkoor Afdelingwenner 2018: Buitelug Revue Produksie Allegretto Eiseddfod: Diploma en Tweede Algeheel Laerskool Middelburg: Juniorkoor 2013: Goud – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees 2014: Silwer – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees 2015: Goud – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees Word deur ATKV aangewys as een van die top 10 Juniorkore in Suid-Afrika (8ste posisie). Diploma tydens Artium Kunstefees – Juniorkoor Afdelingwenner 2016: Goud – ATKV-Applous Streekfees Word deur ATKV aangewys as een van die top 10 Juniorkore in Suid- Afrika (Eerste posisie). Diploma tydens Artium Kunstefees – Juniorkoor Afdelingwenner 2017: Goud – Super 12 Koorkompetisie Goud – ATKV-Applous Streekfees Sing in Harmonie Koorkompetisie (Nasionale koorkompetisie wat deur kykNet aangebied is) Dring deur na die Finaal Diploma tydens Artium Kunstefees – Juniorkoor – Afdelingwenner 2018: Buitelug Revue Produksie Allegretto Eiseddfod: Diploma en Algehele Wenner Buite-skool kultuur Ons leerders word ook aangemoedig om privaat, aan ‘n verskeidenheid kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons gee hul dan by ‘n verskeidenheid okkasies die geleentheid om hul talente ten toon te stel.















Emotionele Intelligensie
Die ontwikkeling van emosionele intelligensie is so ‘n grondslaggewende deel van ‘n jong kind se ontwikkeling. Hier by Laerskool Middelburg gryp ons die taak met beide hande aan en het ons verskeie maniere, formeel en informeel, om aan ons jong hartjies te skaaf, skuur en groei.
Hoekom erken Laerskool Middelburg dit as prioriteit?
- Dit is belangrik vir kinders om hul eie, en ander, se emosies te kan herken en verstaan.
- Om simpatie en empatie vir ander te ontwikkel.
- Om te leer om hul emosies te beheer en te bestuur.
- Om te leer om op ‘n konstruktiewe wyse met ander te kommunikeer en hul gevoelens uit te druk.
Dit help met die ontwikkeling en handhawing van verhoudings.
Kliek hier om meer te lees…
HOE bevorder ons bg by Laerskool Middelburg?
STOP…DINK…DOEN
Eerstens besef ons dat kinders leer deur ander dop te hou. Alle situasies by die skool word met die nodige erns, sensitiwiteit en begrip hanteer en leerders word gelei om dit self toe te pas in situasies waarin hulle hulself bevind. Ons doel is dat hulle uiteindelik, sonder fassilitering situasies op gepaste wyses sal hanteer.
In elke klas staan die woorde: STOP….DINK….DOEN.
Hierdie drie woordjies is deel van elke Koedoekop se denkproses.
Die Koedoekoppe is ‘n waardegedrewe skool
Ons skool het 5 waardes aangeneem wat weekliks ingeoefen word en bespreek word in die klasse. Leerders kan ook balkies verdien vir die suksesvolle toepassing van die waardes oor ‘n tydperk. Die waardes is ook regoor die skool sigbaar en herinner ons leerders om doelbewus aandag aan die waardes te gee. Ipv om te fokus om wat leerders verkeerd doen en waar hulle oortree, het ons dus nou net ons fokus verskuif die die positiewe alternatief waarna hulle moet werk.
Jaarlikse bewusmakingsprojekte
Ons wil ons leerders ook bewus maak van die nood en behoefte daar buite, dus loods ons jaarliks projekte wat leerders bewus maak van die nood van ander en wat hulle dan in staat stel om ‘n verskil te maak in die spesifieke verband.
Voorbeelde van hierdie projekte:
DBV produk-insameling
Droogteprojek produk-insameling
Rare disease day: bewusmaking, bespreking en strikkies dra
Hoërskool Driehoek: bewusmaking en strikkies dra
Water na die Kaap: Ons het oor die 20 000 liter gestuur!
Mandela Dag: Ons leerders kies jaarliks self waar hulle in ons plaaslike gemeenskap wil betrokke raak op hierdie dag.
Die skool is die perfekte plek om ons kinders die geleentheid te gee om verskillende waardes in te oefen.
Ons skool streef daarna om leerders in die wêreld uit te stuur wat onafhanklik, verantwoordelik, en met die nodige takt hulself te kan handhaaf in die samelewing.















Koedoekop-pret















Admin personeel








Bestuur




Graad R





Graad 1





Graad 2





Graad 3





Graad 4






Graad 5







Graad 6




Graad 7









Beheerliggaam
Ons tel met trots ons beheerliggaam bekend:
- Gerrie van der Merwe – Skoolhoof
- Leon de Wet – Voorsitter en Personeelsake
- Lisa van Reeuwyk – Finansies
- Luzanne Mulder – Sport
- Lucille van Rooyen – Koedoe-Ore; Spore en Welsyn
- Phillip Mulder – Tesourier
- Willie Dique – Dissipline
- Petrea van den Heever – Akademie en kultuur
- Bosman Grobler – Bemarking
- Dawie Nieman – Geboue en Terrein
Kliek hier vir kontak besonderhede…
NAAM & VAN | SELFOON | E-POS: |
Leon de Wet Voorsitter en Personeelsake | 0826135775 | leon@jlconstruct.co.za |
Luzanne Mulder Sport | 0824454207 | luzanne@shellultracity.co.za |
Bosman Grobler Bemarking | 0836970747 | bosmangrobler@yahoo.com |
Lucille van Rooyen Koedoe-Ore; Spore en Welsyn | 0829261928 | lucillevrooyen@gmail.com |
Dawie Nieman Geboue en terrein | 0833003901 | dawie.prm@gmail.com |
Phillip Mulder Tesourier | 0826036267 | phillip.mulder@gmail.com |
Petrea van den Heever Akademie en kultuur | 0723016286 | petrea@mweb.co.za |
Willie Dique Dissipline | 0827437467 | williedique@gmail.com |
Gerrie van der Merwe Skoolhoof | 0132825298 | skoolhoof@lsmbg.co.za |
Lisa van Reeuwyk Finansies | 0834170201 | krediteure@lsmbg.co.za |
Kontak ons
Telefoonnommers:
Skakelbord: (013) 282 5298
Faksnommer: (013) 243 1306
Koedoespoortjies: (013) 240 0170
Rekenaarsentrum (013) 24302496
Epos:
admin@lsmbg.co.za
ontvangs@lsmbg.co.za
Adres:
Joubert straat 32; Middelburg
Posbus 19; Middelburg; Mpumalanga; 1050
Ons vennote







