Inligting

Laerskool Middelburg

Kliek hier om ons nuutste inligtingsboekie (PDF – Afrikaans) aftelaai.

Click here to download our latest information booklet (PDF – English).

 

Missie
Laerskool Middelburg, in samewerking met alle instansies wat belang het, wil kwaliteitsonderrig lewer, deur leerders te onderrig en op te voed vir die uitdagings van die een en twintigste eeu.
Visie
Laerskool Middelburg streef na effektiewe opvoeding en onderrig vir sy leerders.

Laerskool Middelburg geskiedenis

LugfotonabyIngang
Die huidige ingang aan die voorkant van die skool is in 2009 deur Mnr Gert van Zyl en Mnr Wickus van der Linde ingewy. Wanneer ‘n mens deur die pragtige ingang stap, weet jy sommer jy is nou in ‘n pragskool.

 

Nuwe-ingangKlasse
Hier kan kinders in ‘n beskutte, boomryke omgewing die geleentheid kry om in netjiese en goedtoegeruste klasse sommer gou-gou slim te word.

 

 

 


Sportvelde

Uitstekende sportgeriewe is ‘n kenmerk van Laerskool Middelburg. 2 Rugbyvelde en 6 netbalbane spog met blink spreiligte. 2 Mini-hokkievelde en 7 krieketnette maak ook deel uit van ons sportarsenaal.
Sportvelde1 Sportvelde5 Sportvelde3

???????????????????????????????????? Sportvelde9 Sportvelde11

 

Die Skoolwapen

Skoolwapen

Die koedoekop, met die paslike leuse “Wees Wakker”, is deur mnr. Daan Nel, later Inspekteur van Kaapland, ontwerp.

 

Die Skoollied

  • Die skoollied is in 1931 deur Prof. C.K. Oberholzer, destyds assistent aan die Laerskool Middelburg, geskryf.
  • Die skoollied is in die tagtiger jare deur Me Rosalie Grobler, toe onderwyseres verbonde aan die skool, verander om dit meer maklik singbaar te maak vir die kinders. Die woorde is oorgeskryf op die melodie van die ou Suid-Afrikaanse volkswysie,”Waar Tafelberg begin”
  • Die woorde is in 2014 verwerk en ‘n Engelse vers is bygevoeg deur mev. Surette Prinsloo.

Die nuwe skoolvlag

Nuwe skoolvlag2

  • Dit is in 2010 ontwerp deur die lede van Sosiale Wetenskappe departement van die skool, onder leiding van Mnr Louis Potgieter en Juffrou Lisa Labuschagne. Dit spog met die kenmerkende maroen en geel kleure van die skool en dan die skoolwapen in die middel van die vlag.